
DURBANVILLE AKADEMIE
GRAAD 4 - 12
TUTORSENTRUM VIR IMPAQ-GEREGISTREERDE LEERDERS
Ons maak gebruik van die KABV (CAPS) -gebaseerde kurrikulum wat deur Impaq verskaf word.
Durbanville Akademie is ‘n tutorsentrum waar onderrigondersteuning op ‘n professionele, gestruktureerde en aanpasbare wyse in Afrikaans aangebied word.
Na jare se ondervinding in die onderwys het ons besef dat hoofstroomonderrig, om verskeie redes, nie aan alle kinders se behoeftes voldoen nie. Ons verwelkom leerders met uiteenlopende en unieke talente, vaardighede en uitdagings. Ons doelwit is om elke kind te laat tuis voel, sy of haar unieke bydrae te respekteer en hul ontwikkeling aan te help sodat hulle hul volle potensiaal kan bereik.
Ons is van mening dat, met die regte benadering en leiding, elke kind die potensiaal het om groot sukses te kan behaal.
Terwyl akademiese hulp ons hooffokus is, laat kleiner groepe toe dat ons ook aandag kan gee aan u kind se
sosiale, emosionele en geestelike ontwikkeling.
Gesinstyd is 'n prioriteit.
Ons streef daarna om ouers en kinders te ondersteun, deurdat soveel as moontlik huiswerk, take, asook voorbereiding vir toetse en eksamens (onder gekontroleerde omstandighede)
by die sentrum afgehandel kan word.

MAKSIMUM 8 LEERDERS PER KLAS
MEER INDIVIDUELE AANDAG
‘n Maksimum van agt leerders per klas word toegelaat sodat individuele aandag van ‘n hoë standaard moontlik is. Ons glo dat die kind die vetrekpunt moet wees waarvolgens alle onderrig en leer beplan en aangebied word. Ons fokus dus daarop om verskillende onderrigbenaderings en –style te kombineer om sodoende die individuele behoeftes en belangstellings van elke kind te akkommodeer.

GEKWALIFISEERDE ONDERWYSERS
GEEN STUDENTE NIE
Ons onderwysers is almal gekwalifiseerd met ondervinding in die onderrig van kinders.

HULP MET HUISWERK EN TAKE
GESINSTYD IS VIR ONS 'N PRIORITEIT
Ons het begrip vir die eise wat die KABV(CAPS) -kurrikulum aan leerders en hul ouers stel. Leerders en ouers word oorweldig deur die hoeveelheid huiswerk en take wat hulle tuis moet voltooi. Dit veroorsaak geweldige spanning, nie net vir die kind, maar ook vir die ouer. Daarom ondersteun ons ouers en kinders deurdat meeste take en huiswerk by die sentrum voltooi word.
Meeste take word by die sentrum voltooi, sodat die kind kan leer hoe om navorsing te doen, inligting te analiseer en sinvol weer te gee.

AANVULLENDE NOTAS EN OPSOMMINGS
KINDERS LEER NIE ALMAL OP DIESELFDE WYSE NIE
Ons maak gebruik van die handboeke wat deur Impaq verskaf word, maar het gevind dat alle kinders nie baat by slegs die gebruik van handboeke nie. Ons stel dus nuwe, interessante notas op 'n verstaanbare manier op.

HULP MET VOORBEREIDNG VIR TOETSE EN EKSAMENS
MINDER ANGS VIR OUERS EN KINDERS TYDENS TOETS- EN EKSAMENVOORBEIDING
Die kinders kan gedurende eksamens steeds tydens sentrumure na die sentrum kom om te studeer. Onderwyseresse sal beskikbaar wees om hulp aan te bied.

KINDERS KAN BY OMLIGGENDE SKOLE SE BUITEMUURSE AKTIWITEITE INSKAKEL
TERME EN VOORWAARDES GELD
Na oorleg met omliggende skole mag ons sentrum se leerders by verskeie buitemuurse aktiwiteite betrokke raak.

SENTRUMURE
Maandag tot Vrydag
08:30 - 14:00
Die sentrum open om 07:30 en lesse begin om 08:30.
Die sentrum sal tydens skoolvakansies gesluit wees.
Ons volg elke dag van die week ‘n vasgestelde rooster/skedule van 08:30 – 14:00 sodat ouers en kinders presies weet in watter vakke daar op watter tye hulp aangebied word. Ons lesse per vak is ‘n uur lank. Nuwe werk word behandel, meeste huiswerk word in die klas afgehandel (onder gekontroleerde omstandighede) en vaslegging vind plaas.
TUTORS
Gekwalifiseerde onderwysersesse met ondervinding en 'n liefde vir kinders.

CHANÉ JORDAAN

CHÉRIE CLAASSEN

SULETTE VAN WYK

MARLÉ BRINK

GRETA MYBURGH

MONÉ KRYNAUW

